GEMMERKOEKIES GROOTMAAT
Resep geplaas en foto: Esmarie Friedrichs
FOOD LOVERS RECIPES
Ok, hier is die klein koekie resepte soos beloof.
Lewer: 1,7 kg
185 g (200 ml) botter of margarien (Ek gebruik net Stork bake vir al my koekie resepte)
250 ml gouestroop
700 g (5 x 250 ml ongesifte) koekmeel
20 g (20 ml) koeksoda
20 g (20 ml) kremetart
15 g (50 ml) fyn gemmer
5 ml sout
3 eiers (Ek gebruik altyd ekstra groot eiers)
550 g (625 ml) growwe bruinsuiker (nie die sagte soort nie)
Smelt Botter en stroop in ‘n groterige kastrol oor matige hitte en laat afkoel tot lou.
Sif meel, koeksoda, kremetart, gemmer en sout saam.
Voeg eiers by stroopmengsel en roer net tot alles gemeng is.
Strooi suiker bo-oor en roer net tot die mengsel nat is, maar die suiker nie gesmelt is nie.
Strooi die gesifte bestanddele oor en meng.
Bedek deeg en laat sowat 2 ure rus. (Dis baie belangrik om deeg te laat rus.)
Tip: Ek maak my gemmerkoekies aan en dan begin ek met my vanilla koekies en bak dit klaar dan bak ek my gemmerkoekies.
Rol stukkies deeg in balletjies en plaas 2cm van mekaar op gesmeerde bakplate. Druk balletjies effens plat met ‘n vurk.
Bak teen 10-12 minute by 180°C.








