GEBAKTE DEEGROLLE
Ek het so ‘n wyle terug hier raakgelees wat maak ‘n mens met brooddeeg behalwe brood. Ek moes op my geheue staatmaak wat alles daarin was. Maar toe maak ek so:
Rol die deeg ‘n balletjies plaas in bak.
Braai spek, blokkies ham, uie en sampioene ( Sommer so lekker klomp ) skep dit op die deegbolle. Meng patato bake en 250 ml room en giet oor die deegbolle.
Bak vir 60 min teen 180ºC. Strooi kaas bo-oor en sit terug in die oond net om die kaas te smelt.
Ek het sommer vir die wis en onwis nog hard gebraaide spek bo-op gesit.
Resep en Foto: Johan Du Preez Snr
Hettie Bezuidenhout is reg Johan, maar dit is 1 pakkie potatobake, 1 koppie room en 1 koppie melk. Klits dit saam. Helfte onder in die bak dan jou brooddeegballe dan die ander helfte sous bo oor. Dan gerasperde kaas. Bak vir 35 minute.








