



GEBAKTE AMARULA-TERT
Resep wat ek by vriendin gekry het – lekkerste tert wat ek ooit geëet het.
60 ml kakao
125 ml kookwater
3 eiers
220 ml suiker
60 ml olie
250 ml koekmeel
10 ml bakpoeier
2 ml sout
STROOP
200 ml suiker
250 ml water
60 ml Amarula
1 blikkie karamel kondensmelk
Styf geklopte room en Flake
Beslag:
Meng kakao met kookwater laat afkoel. Klits suiker, olie en eiers een vir een saam. Voeg afgekoelde kakao mengsel by en klits goed deur. Sif droë bestanddele en voeg by eiermengsel, meng goed deur. Gooi in glasbak 22 cm/30 cm vooraf gespuit met cook n bake. Bak by 180°C vir 25-30 min.
Stroop:
Kook water en suiker vir 5 minute tot suiker opgelos is. Haal van die stoof af en voeg Amarula by, roer goed deur. Prik koek sodra dit uit die oond kom en gooi warm stroop oor. Laat heeltemal afkoel.
Versiering:
Karamel kondensmelk en room strooi Flake fyn bo-oor.
Smeer eers karamel kondensmelk oor en dan styfgeklopte room en strooi dan fyn Flake oor.
Resep geplaas deur Marie Rheeder Troskie
Foto: Reon Conradie







Pingback: Melanie Glastrong
done.. sonder comments
Reon Conradie
So toe besluit ek dis vandag se poeding. Yum yum en nog n keer yum!! Ek het hom dubbel aangemaak. Dis rerig lekker en baie klam. Ook glad nie te soet nie. Definitief een om te probeer.
Engela Olckers
jy kan marula uit haal en koffie poeier gebruik dis baie lekker