BAIE LEKKER FUDGE
8 koppies suiker
1 blikkie kondensmelk
250 gr margerien
2 koppies vars melk
1 eetlepel goue stroop
kwart teelepel kremetart
1 eetlepel asyn.
Plaas al die bestanddele behalwe die asyn in groot kastrol.
Meng baie goed en roer aanhoudend tot mengsel begin kook.
Wanner balletjies vorm in koue water en mengsel begin verkleur haal van stoof af.
Eerder bietjie langer kook as te kort.
Klits tot dik en aan kante begin vassit. Voor te dik klits 1 eetlepel asyn by.
Keer uit in ‘n rolkoek pan of vlak oondpan. Sny blokkies voor heeltemal koud. Dit is baie fudge en so heerlik dit smelt in jou mond.
BRON- Cecilia van Huyssteen
Hierdie resep het ek nog nie self gemaak nie maar het fudge geeet wat van dit gemaak is was heerlik
Foto: Anmarie Watney
geskuif