


AMARULA KOEK
60 ml kakao
125 ml kookwater
3 eiers
220 ml suiker
60 ml olie
250 ml koekmeel
10 ml bakpoeier
2 ml sout
Stroop
200 ml suiker
250 ml water
60 ml amarula
VERSIERSEL
1 Blikkie karamel kondensmelk
Styf geklopte room
Flake
Beslag:
Meng kakao met kookwater laat afkoel. Klits Suiker + olie + eiers een vir een saam. Voeg afgekoelde kakao mengsel by en klits goed deur. Sif droë bestandele en voeg by eiermengsel meng goed deur. Gooi in glasbak 22cm/30cm vooraf gespuit met cook ñ bake. Bak by 180ºC vir 25-30min
Stroop:
Kook water en suiker vir 5 minute tot suiker opgelos is. Haal van die stoof af en voeg Amarula by, roer goed deur. Prik koek sodra dit uit die oond kom en gooi warm stroop oor. Laat heeltemal afkoel. Versiering:
(Smeer eers karamel kondensmelk oor en dan styfgeklopte room en strooi dan fyn flake oor)
Dis ‘n lekker klam koek en jy kan ook meer Amarula gebruik en dit selfs saam die karamel kondensmelk inmeng.
BRON- Marie Rheeder Troskie
FOTO – Hettie Bezuidenhout EN Susan Du Preez Bisschoff
Hettie Bezuidenhout – Ek het hom dubbel aangemaak en as n koek gebak.Ondat ek die resep verdubbel het het ek die water verminder en die Amarula vermeerder na n koppie. Ook die Room effens versoet met n bietjie ekstra Amarula in
Elize Matthysen Theron – Is dit baie soet?
Hettie Bezuidenhout – Hy is nie so vreeslik soet nie.







geskuif
Dolly Beukes
Jy kan ook die kakao vervang met koffie poeier en die amarula met brandewyn dis ook baie lekker
Die lekkerste lekker koek.Maklik om te maak en by almal n wenner.