

ADAM SE KORSLOSE MELKTERT
Vir 2 terte:
4 eiers
1 koppie suiker
4 koppies melk
1 teelepel bakpoeier
kaneellpoeier
2 eetlepels margarine
1 koppie meelblom
1 een telepel vanielje geursel
knippie sout
Room die botter en suiker met ‘n vurk. Skei die eiers. Meng die eiergele een vir een by die botter en suiker in en voeg die sout by. Voeg die meelblom by en meng goed. Giet die melk stadig by terwyl geroer / geklits word en daarna die geursel en bakpoeier. Klits die eierwitte styf, voeg by die mengsel en vou in. Giet die mengsel in ‘n gesmeerde bak wat liggies met meel besprinkel is en strooi bietjie kaneel bo-oor. Bak vir 50 – 60 minute by 180ºC. In die gasoond het ek dit vir dieselfde tydperk op die 200º merk gebak en toe nog vir so ‘n 5 minute in die oond gehou na dit afgesit is.
Bron en Foto: Adam Cloete







Geskuif