SPESERY BEETSLAAI
Kook 3 bossies beet, laat afkoel, skil en sny in skywe. Meng die volgende goed saam en bring tot kookpunt
500 ml asyn
500 ml water
500 ml suiker
2 ml fyn naeltjies
2 ml kaneel2 ml fyn gemmer
2 ml sout
1 ml peper
Voeg gesnyde beet by, bring weer tot kookpunt en verminder dan die hitte. Prut vir 20 minute. Skep warm beet in flessies, gooi warm sous oor en verseel. Ek hou altyd 2 potjies in yskas, want dis heerlik as dit koud bedien word.
Ek het drie sakkies beet gebruik en die sous dus een en ‘n half keer afgemeet.
Foto: Steph Kirchner








