Voorverhit oond tot 200°C. Smeer ‘n rolkoekpan van 45 x 30 x 2 cm of bespuit dit met kleefwerende middel.
5 x 250 ml koekmeelblom
15 ml kremetart
12,5 ml sout
500 ml suiker
250 g botter of margarien, kamertemperatuur
10 ml koeksoda
250 ml karringmelk
1 eier, geklits
Sif die meel, kremetart en sout saam, voeg die suiker by en meng goed.
Vryf die botter/margarien met die vingerpunte in die meelmengsel tot fyn krummels.
Meng 25 ml van die karringmelk met die koeksoda en meng in by meelmengsel.
Voeg die eier en 225 ml karringmelk saam.
Hou 25 ml van die mengsel om oor die beskuit te verf en voeg die res by die meelmengsel.
Meng goed tot deeg.
Verdeel deeg in 8 ewe groot stukke.
Rol elke deel afsonderlik op’n meelbestooide plank tot ‘n wors van 28 cm en druk effens plat.
Sny elke wors in 4 ewe groot stukke en plaas dit effens uitmekaar in die pan.
Verf oorblywende 25 ml karringmelk mengsel oor die beskuit.
Bak sowat 30 min tot gaar op die middelste oondrak.
Laat effens afkoel, breek hulle oop en droog op draadrakke in ‘n koel oond uit.
FOTO- Daleen Burger








