Bestanddele:
275g (500ml) Ongesif afgemeet Koekmeel
25ml Bakpoeier
2ml Sout
‘n Knippie Rooipeper
400g (1000ml) Gerasperde Cheddar Kaas
(200g word in die deeg in gemeng en dan strooi ek kaas bo-oor voordat ek dit bak)
500ml Melk
2 Ekstra groot Eiers
Metode:
Voorverhit die oond tot 200oC
Smeer/Spuit die holtes van ‘n mini muffin pannetjie (ek spuit sommer 6 klein pannetjies)
Sif die koekmeel, bakpoeier, sout en rooipeper saam.
Voeg die 200g kaas by en meng.
Klits die melk en eier saam
Voeg dit by die meelmengsel en meng tot ‘n slap deeg.
Skep die holtes van die pannetjies 2/3 vol deeg.
Strooi gerasperde kaas oor elke poffertjie.
Bak die poffertjies 10 minute op die middelste oondrak tot goudbruin.
Dien warm op.
Wenk: Ek voeg ook die volgende by:
250g Bacon/Viennas/Bully Beef/ham (Enige Vleiserigheid)
4 Spring onions fyn gekerf
½ Greenpepper fyn gekerf
5ml Oreganum
15ml Olie om te braai.
Metode:
Gooi olie in ‘n pan en braai al die bestanddele saam tot uie en greenpepper lekker sag is.
Laat dit effens afkoel en voeg dit saam met die kaas by die meel mengsel
Volg resep verder soos normaal geen ekstra vloeistof is nodig nie.
Jy bak so ± 7 doz poffertjies.
BRON- Esmarie Friedrichs








