

SJOKOLADEKOEK SONDER DIE EIERS
650 ml (310g) koekmeel
90 ml kakao
10 ml bakpoeier
10 ml koeksoda
3 ml sout
325 ml (275 g) strooisuiker
Sif saam.
160 ml kookolie
30 ml asyn
5 ml vanieljegeursel
500 ml water
Meng goed saam en voeg geleidelik by droë bestanddele terwyl aanhoudend geklop word.
Gooi beslag in 2 gesmeerde panne en bak 35 – 40 min by 180ºC
Laat koek 5 min lank in panne afkoel en gooi dan uit. Versier soos verkies.
Foto: Rowena Jacobs
Foto: Ek het hom 10 min in die mikrogolf gebak en gewone suiker gebruik en hy was perfek






