LEKKER PERI PERI HOENDER
Rasper 2 groterige uie en braai liggies
Rasper 2 groterige tamaties by
Gooi die volgende by:
1½ koppie blatjang
1 blikkie tamatiepasta
2 eetlepel appelkooskonfyt
½ teelepel rooipeper
1 teelepel peri peri
1 teelepel tabascosous
½ teelepel knoffelflokkies
Meng die sous goed.
Pak hoenderstukke in oondbak, sprinkel sout en peper oor. Giet sous oor en bak vir ongeveer 1½ ure stadig in die oond met foelie oor.
Haal die foelie af en laat hoender bietjie bruin word. Maak sous bietjie dikker indien nodig.
Geniet dit, dit is heerlik.
Resep: Herster Marx








