BENODIG
Ongeveer 750g heel klein uitjies, geskil
180 ml hoenderaftreksel
5 ml knoffel, fyngekap
15 ml sagte bruin suiker
5 ml droe roosmaryn
PROSES : Braai uitjies in pot in klein bietjie olie vir ongeveer 5 minute tot ligbruin. Verlaag hitte tot op laagste en voeg al die ander bestanddele by. Roer liggies tot suiker opgelos is. Plaas deksel van pot op en prut vir ongeveer 30 minute tot sag. Skep uitjies uit en kook ongeveer die helfte van die oorblywende sous weg. Gooi die sous deur ‘n siffie by die uitjies en koel af. Krummel feta bo oor.
Pasop dat die feta die sous nie te sout maak nie.
BRON- Nicolaas Martinus Swanepoel








