KOMKOMMERSLAAI
1 groot Engelse komkommer
bossie sprietuie
2 brandrissies
1 knoffelhuisie
1 t groen gemmer gerasper
1 t growwe sout
swart peper
1 t komyn saad
half k druiwe asyn
1 t suiker
Sny komkommer in dun skyfies.
Was sprietuie deeglik en kap fyn.
Sny rissie in skyfies.
Kneus knoffel en gemmer saam met die sout, peper en komyn saad. Roer dit in die asyn, voeg die suiker by en roer goed. Giet die sous oor die komkommer, sprietuie en rissies.
DIT IS HEERLIK!
Foto: Martie Fourie Moolman
Resep geplaas deur Martie Fourie Moolman








