2/3 koppies (160 ml) margarien
¾ koppie (180 ml) suiker
2.5 ml vanielje
1 eier
15 ml melk
2 koppies meel
10 ml bakpoeier
1 ml sout
½ k versiersuiker
1 t kook water(ek het net 3 teelepels by gegooi)
1 druppel pienk voedsel kleursel
1. Room margarien, suiker en vanielje. Voeg die eier en melk by.
2. Sif meel, bakpoeier en sout.
3. Voeg dit by die margarienmengsel. Meng dit deeglik.
4. Skep lepels vol op ‘n bakplaat wat toegevoer is met waspapier en druk plat. Vat die hartjie vormpie koekie druk, en druk omtrent twee derdes af in elke koekie.(ek het dit uitgerol en ees uitgedruk)
5. Bak vir 6 min teen 180°C(ek het hulle vir 12min gebak)
6. Laat die koekies afkoel op ‘n droog rak (anders raak die koekies nog bruiner aan die onderkant as jy dit op die bakplaat laat afkoel)
7. Maak ‘n mengsel van die versiersuiker en kook olie(dink dit moet kook water wees), die konsistensie moet lekker dik wees. Plaas dit in ‘n versiersakkie, en kleur die hartjie in.(ek sommer net teelepel gebruik)
Dit is makliker om eers die randte van die hartjie uit te trek en dan na die binnekant.
8. Laat die versiersuiker hard word
FOTO- Lynette van Zyl








