GEMMERKOEKIES (sonder eiers)
250 ml (230 g) botter
250 ml (200 g) wit suiker
250 ml goue stroop
50 ml gemaalde gemmer (gooi meer in as jy van sterk gemmer hou)
10 ml koeksoda
12,5 ml melk
4 x 250 ml (525 g) koekmeel
5 ml sout Meng die botter, suiker, stroop en gemmer vinnig.
Meng die koeksoda met die melk en voeg by die bottermengsel.
Voeg die meel en sout by en meng vinnig. Rol die deeg in balletjies en druk effens plat.
Bak tot goud bruin (oond -190°C).
Die resep lewer so nagenoeg 100 koekies en hou ook lank in ‘n lugdig blik.
GENIET
Bron: Susan Van Staden Lloyd
Baie lekker resep! Al wat ek verander het is die koeksoda, ek het 15 ml gebruik. Eerste vegan gemmerkoekie resep wat regtig lekker is, smaak soos die gewone resep. My kinders is vegans en ek vegetarier en dit was nogal uitdaging om al die geliefde koekie resepte aan te pas of nuwes te kry. Trial and error maar ons vegans smul heerlik, veral omdat vegan gebak nie volop in die winkels is nie. Die een het ‘n 5 ster gekry!