GEMMERKOEKIES (sonder eiers)

GEMMERKOEKIES (sonder eiers)
Bron: Susan Van Staden Lloyd
FOOD LOVERS RECIPES
250 ml (230 g) botter
250 ml (200 g) wit suiker
250 ml goue stroop
50 ml gemaalde gemmer (gooi meer in as jy van sterk gemmer hou)
10 ml koeksoda
12,5 ml melk
4 x 250 ml (525 g) koekmeel
5 ml sout Meng die botter, suiker, stroop en gemmer vinnig.
Meng die koeksoda met die melk en voeg by die bottermengsel.
Voeg die meel en sout by en meng vinnig. Rol die deeg in balletjies en druk effens plat.
Bak tot goud bruin (oond -190°C).
Die resep lewer so nagenoeg 100 koekies en hou ook lank in ‘n lugdig blik.