COME DINE WITH ME IDEES
Madeleine Potgieter
Voorgereg: Kreefslaai
Hoofgereg: gebraaide skaap boud en varkboud met tuisgemaakte sous en gebakte aartappels en suurlemoen wortels en blomkool en broccoli met kaas sous
Nagereg: Karringmelk poeding
Sonja van der Mescht
Voorgereg: Avocado Ritz. Bietjie van die avo gemeng met mayonnaise, skep terug in avo met ‘schrimp’ bo-op.
Hoofgereg: Wildspasteie, groenbone, soetpatats, rys en gebraaide aartappels.
Nagereg: Sago of bruin poeding. Miskien albei met vla.
Sonja de Wit
Voorgereg: Swart mushrooms met spinasie en kaas gebak. op slaai blare. Hoofgereg: Fillet met pepersous, potato vedges en greeksalad.
Nagereg: pavlova
Glenda Labuschagne
Voorgereg: Jeweled tuna mayo op iceberg lettuce
Hoofgereg: Skaapboud met gebakte aartappels, soet ertjies en kaas skorsie
Nagereg: papaja en room mousse met gebreekte gemmerkoekies
Magde Van der Kolff
Voorgereg: Filobakkies met ham, spinasie en feta vulsel.
Hoofgereg: beesskywe met sampioensous, gegeurde rys, heel klein boontjies met klein aartappeltjies met knoffel, pampoentert en lekker slaai
Nagereg: ‘n lekker koue gestolde aarbei poeding
Anna-Marie Salzmann van Wyk
Voorgereg: biltong kelkie
Hoofgereg: varknek rol met karamel uie, plank aartappels, gemengde vars groente
Nagereg: gekapte neute, heuning met bulgaarse yogurt en vars arbeie.
‘n paar bottels Nederburg en siedaar
Madeleine Potgieter
Vorige een wat ek opgesit het was my tannie maggie s’n. ‘n baie jong 73. Myne sal wees:
Voorgereg: tuisgebakte brood met tuisgemaakte konfyt
Hoofgereg: coke hoender, aartappel en wortel mash met baie kaas in, groenbone met baie peper,( vegetariese lasagne vir nie vleiseters), ertjies en mielies
Nagereg: my eie trifle resepie: swissroll met halwe vars aarbeie bo op en bloubessies, dan tuisgemaakte vla, herhaal die laag en bo op druk jy die res van die bloubessies in. Sit voor met skeppie tuisgemaakte vanielje roomys
Petro Borchard
‘n Glas bubbly met die intrapslag
Voorgereg: klein snytjies growwe bruin brood gesmeer met horseradish met stukkies peppered makriel op
Hoofgereg – egte Sondagmiddag ete – lamsboud wat baie stadig in die oond gebak is, met braai aartappels, groenbone met aartappels en uie gekook, geel pampoen skywe, eers met kaneelstokkie en bietjie suiker amper gaar gekook en dan onder die grill gebraai. Groen aspersies in bacon toegedraai met balsamic vinegar in pan gebraai. Slaai van avo, rocket en feta.
Nagereg – Chocolate fondant met aarbeie en tuisgemaakte vanilla roomys
Zuri Roos
Voorgereg: salmvormpie
Hoofgereg: hoenderpastei met braai-aartappels en groente
Nagereg: malvapoeding.
Vir die een wat sê “Oh, forgive me, but I don’t eat this … ” bring ek een sny gowwermintsbrood met botter. Klaar.
Elsje Stolk
Voorgereg : Sampioen kardoes bedien op Rocket blare met ‘n balsamic reduction.
Hoofgereg : Geroomde spinasie, Soet pampoen koekies met Gebraaide Aartappels en Lamb Shanks.
Nagereg : Chocolate “hot-o-pots” met vla of met roomys







