
MOROGO / MARROG OF SPINASIE MET GRONDBOONTJIES
500 g spinasie, skoongemaak en gekap
1 ui, fyngekap
1 k water
sout
50 g grondboontjies, fyngekap
Plaas die gekapte spinasie en ui in n pot met die water, sout en groondboontjies en kook tot sag
Resep van F/Mokoena
TRADISIONELE MOROGO
1 kg pampoenblare (skoon gewas en bietjie in water geweek).
1 koppie fyn grondboontjies
1½ teelepels sout
2 liter water
Voeg pampoenblare by vinnig kokende water en kook vir so 20 minute.
Voeg grondboontjies en sout en kook saam vir ‘n verdere 15 minute.
Bedien saam met warm pap of mielies. Ook heerlik met braaivleis.
RESEP: sjef Fanny Mokoena van Fanny’s restaurant in Soweto se resep






