

ANTHONY SE MALEISE KOESISTERS
DEEG
5 x 250 ml koekmeel
120 ml suiker
2 ml sout
10 ml fyn gemmer
10 ml fyn kaneel
10 ml anys
10 ml gemengde speserye(mixed spice)
125 ml olie
1 eier
230 ml melk
230 ml warm water
STROOP
1 liter kookwater
3 koppies suiker
2 ml koeksoda
20 ml botter
Gedroogte nartjieskil
2 steranys
1 pypkaneel stuk
Sif die meel, suiker sout, gis en speserye saam in groot mengbak. Meng die olie en eier liggies en voeg by droe bestandele. Meng melk en water (liggaamstemperatuur)
by meel en eiermengsel en knie tot n sagte deeg vir so 10 min, bedek. Plaas in warm plek en laat rys tot dubbel. Rol deeg met hande uit in n lang rol 5cm op liggie geoliede werksplek en sny in 2 cm stukke plaas op liggies geoliede oppervlak en laat weer rys tot dubbel ogeveer 30min.
STROOP
Verhit water en suiker en voeg alles by behalwe botter en koeksoda(voorkom dat koeksister hard word) Kook vir 5min saam. Voeg koeksoda en botter by.
DIEPBRAAI
Verhit olie tot matig warm en diepbraai 5 tot goudbruin en gaar. Draai gereeld om. Skep met “peforated”lepel op papierhandoek. Prik so 3keer bo en onder met vurk en laat liggies prut in stroop sodat stroop in trek skep met dieselfde(gaatjieslepel) uit en rol in coconut. Ek stroop myne eers die volgende dag want ek vind as dit te vars is ,is dit geneig om te breek. As dit hard voel is dit ok want dit gaan in warm stroop. Dit moet egter nie te “saturated”wees nie.
Foto en resep: Anthony Raymond






