

CORINNE SE SPINASIE EN FETA QUICHE
Resep: Corinne Moore Gelderblom
Foto: Dassie Meyer
FOOD LOVERS RECIPES
KORS
250 g koekmeel
60 g gerasperde cheddar kaas
95 g sagte botter
Meng meel, kaas, botter tot ‘n deeg.
Spray & Cook ‘n oondvaste bak en druk deeg plat in bak en ook teen die kante.
Laat staan ongeveer 12 ure in yskas.
INHOUD
1 groot pak spinasie
250 g spek
1 ui
125 g gesnyde sampioene, opsioneel
2 ringe feta, in klein blokkies gesny
120 g gerasperde cheddar
SOUS
2 eiers
250 ml room
Braai ui, spek en sampioene in pan.
Wanneer afgekoel, meng feta en cheddar kaas met mengsel.
Kook spinasie in ‘n pot.
Wanneer deeg gereed is, plaas helfte van spinasie op deeg.
Dan ook helfte van die spekmengsel. Herhaal met spinasie en mengsel.
Strooi bietjie gerasperde Cheddar bo-oor.
Meng eiers en room goed. Giet oor inhoud van bak.
Bak 1uur teen 180°C.






