SJOKOLADE KOEKIES MET VARIASIES
9 koppies koekmeel
1 koppie kakao
500 g margerine ( storkbake)
2 teelepels kremetart (10 ml)
2 teelepels koeksoda (10 ml) aangemaak met 1 koppie melk.
3 koppies suiker
3 eiers.
5 ml sout
Klop eiers, suiker en koeksoda wat in melk opgelos is baie goed romerig suiker moet opgelos wees. Sif mee, kremetart en sout saam. Vryf margarine in meelmengsel in. Voeg eiermengsel by en meng goed. Druk af met koekkiemaker of deur meuletjie!
Bak op 180ºC 15 min.
Vulsel
1 koppie suiker
125 ml storkbake
1/3 koppie melk
5 ml vanilla geursel
2 eetlepels kakao
Meng al die vulsel bestanddele in ‘n pot, bring tot kookpunt net vir 5 min medium hitte, roer bietjie. Haal dadelik af van die stoof af na 5 min. Roer met houtlepel vinnig tot afgekoel en begin koekies op mekaar plak.
As die vulsel dalk te gou styf raak, dan kan jy weer bietjie opwarm en smeer.
Resep en foto: Elize Venter
Nota: Die resep wat ek op gesit het vir sjokoladekoekies gebruik hom, sit net ‘n 1 koppie vlapoeier in ( laat kakao weg en dan het jy weer vlakoekies)
Vla koekies ook vulsel ingesmeer – resep vir vulsel!
2 koppies versiersuiker
2 eetlepels gesmelte margarine kamertemperatuur
Gesmelt 2 groot eetlepels appelkooskonfyt
1 teelepel vanilla geursel
Roer al die vulsel bestanddele bymekaar begin jou koekies opmekaar plak en jy gebruik die vulsel ook vir kondensmelk koekies.









