
WENKE VIR SUUR PYNAPPEL
Marietjie Nel:
Wie van jul slim fl’s kan help – ek het die pynappel – hy het so mooi gelyk – so lekker geruik en mooi kleur gehad maar toe ek hom oopsny vanaand toe is hy so suur!! Wat kan ek nou met hom doen???? Net nie pynappelbier nie, want ons gaan dit nie drink nie – enige voorstelle laat dit beter kan smaak in enige gereg? Dankie julle!
Nicolize Valsangiacomo:
Gebruik dit in iets soos sweet ‘n sour pork of ‘n lekker hawaiin stir fry.
Elzanne Huisamen:
Gooi bietjie sout op suur pynappel, dit bring die soetheid van die pynappel uit.
Beatrice Bellingan:
Sny in blokkies, vries en gebruik op pizza.
Iana le Roux:
Kook konfyt of blatjang. Gebruik in smoothie. Kook in stroop (water en suiker volgens suurheid) en gebruik soos geblikte pynappel.
Annelie van der Merwe-Kruger:
Pynappel chutney?
Adelia Voges:
Pynappels met gladde blare is vir konfyt of kook doeleindes.
Hermanus Kriel:
Sny in dun skywe, pak in lae met suiker tussen in. Vries vir later. Jy sal dink dit is geblikte pynappel.
Adri Kleynhans:
Sny in repies of skywe en strooi kerrie poeier oor dis lekker. Altyd gemaak.
Hester Maritz:
Skil, sny skywe, pak in pan met vark tjops bo-op, bak in oond.
Natalie Nadia Cona:
Jy kan poeding maak.
Janine Waldeck:
Seker nie nou van toepassing nie, maar pynappelringe op skaaptjops vir ‘n paar minute indien die vleis bietjie taai is, maak dit lekker sag en sappig.
Hermanus Kriel:
Sny in dun skywe, pak in lae met suiker tussen in. Vries vir later. Jy sal dink dit is geblikte pynappel.
Marie Rheeder Troskie:
skil mooi af sny in ring haal die binneste stronkies uit kook 1 deel suiker met twee dele water en sit pynappelring daarin en kook vir 40 minute bottel warm.
Rolene Van Loggerenberg:
Sny die sagte vrug van die stronk af. Versap dit en sit in sakkies – so 3 gelyke dele gedeel, vries dit en gebruik ontvries by kamer temp as marinade vir taai vleis.
Marietjie van der Merwe:
Hahahahaha dis ‘n stekelrige kwessie. Ek ruik aan die pynappel, as dit na niks ruik nie, los ek dit. Was nog min kere verkeerd.
Petro Borchard:
Ja, die geheim is glo dat die blare maklik moet los kom as jy daaraan trek. Ek dink egter die meeste wat ons hier bo in Gauteng kry, is so groen gepluk dat dit nie heeltemal dieselfde reageer nie, al is die vrug al pap ryp.
Doreen Loots:
Tel hom op aan die blaar as blaar afbreek is hy lekker ryp.
Rolene Van Loggerenberg:
Sny die sagte vrug van die stronk af. Versap dit en sit in sakkies, so 3 gelyke dele gedeel, vries dit en gebruik ontvries by kamer temp as marinade vir taai vleis.
Valencia Deysel:
My ma het altyd ‘n pynappel en wortelslaai gemaak, rasper ‘n paar wortels en snipper die pynappel, gooi net ‘n titsel sout en gooi suiker na smaak by.
Petro Borchard:
Ek maak ‘n soet suur piekel met gedroogte cranberries wat ek eers in lemoensap week tot dit sag is. Sny die pynappel in skywe en dan blokkies, meng met die geweekte cranberries + oorblywende lemoensap waarin dit geweek is en kook dan met dieselfde soet-suur piekel sous hieronder tot die vloeistof effens ingedamp is. Bottel. Dit is heerlik saam met braaivleis, kouevleis of sommer net so uit die bottel.
Wendy Jagers Jagers:
Rasper pynappel,voeg water en suiker by en kook tot sag. Voeg bietjie Maizena in water opgelos by om te stol. Laat afkoel en skep in tertkors. Geklitste vars room op pynappel en jy’t die lekkerste pynappel tert. (het nie hoevellhede nie en voeg ma suiker na smaak by.)
Ria Van Der Merwe:
Sny stukkies, kerf piesang by, roer 1 eetlepel appelkooskonfyt, 1 teelepel kerrie poeier in 1 koppie mayo, roer deur walla leka pynappelslaai.
Zuri Roos Wenk:
1) ‘n pynappel met ‘n kleinerige spul blare is soeter as een met ‘n bos blare, en 2) as jy die Cayenne-pynappel kan kry, koop dit eerder as die Queen. Cayenne lyk groenerig, veral aan die onderkant, maar is sappig en soet.






