

VINNIGE MUFFINS OF KORSLOSE SOUTERT
Ontbyt met n twist – Ontbyt in een muffin.
1 koppie tamaties gekap
1 groot ui gekap
2 teelepels droë pietersielie
½ koppie sprietuie
4 koppies broodkrummels
3 koppies polonie (375 g)
½ teelepel sout
5 medium eiers
1 teelepel rooipeper
(¼ koppie melk indien nodig)
Braai die tamaties, uie, droë pietersielie en spring onion saam in n bietjie olie.
Meng met die res van die bestanddele.
Indien die beslag bietjie styf is meng bietjie melk in.
Sit in kolwyntjie pannetjies en strooi kaas oor.
Bak vir 25 minute by 180 ºC
Resep en foto: Meisie Hattingh






