eiers
spek
sout en peper na smaak
Neem ‘n ronde oondvastebak en sprei met kleefwerende kossproei.
Klits die eiers in ‘n mengbak en giet dit in die oondbak. Plaas die spek bo-op die eiers en sprinkel met sout en peper na smaak. Plaas die bak met eiers en spek in ‘n voorverhitte oond teen 180ºC en bak totdat die eiers gestol het.
Nota:
Jy kan die spek vooraf bietjie braai in ‘n pan.
Jy kan filodeeg onder in die bak plaas en dan die geklitste eiers en spek bo-op voeg, ek is nie baie lief vir die filo deeg nie.
Resep: Marie Rheeder Troskie