
PETRO SE HAWAIISE SKUIMTERT
½ koppie Holsum
¼ koppie suiker
1 eiergeel
1 koppie koekmeel
Room die holsum en suiker saam, voeg die eiergeel by en klop tot gemeng.
Werk die meel in by die holsummengsel en knie liggies.
Druk die deeg vas in ‘n diep tertbak se bodem.
Bak die kors in ‘n voorverhitte oond by 200ºC vir 10 – 15 minute. Verwyder uit die oond en laat die tertkors afkoel.
Vulsel:
1 blikkie fyn pynappels
water, soveel soos benodig
2 eetlepels Maizena
2 eiergele
¼ koppie suiker
1 eetlepel suurlemoensap
Dreineer die pynappelsap in ‘n koppie en voeg water by tot dit ‘n ½ koppie is.
Voeg die pynappelsap en water in ‘n kastrol en voeg die Maizena, eiergele, suiker en suurlemoensap by.
Roer die mengsel oor lae hitte totdat dit begin kook en dik word.
Verwyder van die hitte, roer die pynappel by en laat afkoel. Skep die pynappelmengsel op die tertkors.
Skuimtert bolaag:
3 eierwitte
155 g suiker
Klits die eierwitte tot styf terwyl die suiker geleidelik bygevoeg word.
Skep die meringue oor die pynappelvulsel.
Bak die tert in ‘n voorverhitte oond by 150ºC vir 10 – 15 minute.
Resep: Petro Calitz






