
APPELLIEFIE TERT MET IDEAL MELK
1 klein blikkie Appelliefies.
1 blikkie Ideal melk
1 pkt Suurlemoenjellie.
2 E Suiker.
2 E Vlapoeier. Sout.
Gooi stroop van vrugte af.
Gooi stroop terug in blikkie en vul aan met water tot vol.
Sny vrugte in die helfte.
Kook die stroop en water met jellie en suiker.
Maak vlapoeier aan met bietjie water en verdik stroop.
Klits Ideal Melk tot styf.
Voeg die vrugte en verdikte stroop mengsel bymekaar.
Vul tertdoppe met vulsel en plaas in yskas.
Marie- of Tennis Beskuit Kors kan gebruik word
Resep: Petro Calitz






