

KORSLOSE LEMOEN-MELKTERT
LEWER 2 TERTE VAN 20 CM
15 g botter
40 g suiker
3 groot eiers, geskei
130 g koekmeel, gesif
knippie sout
500 ml (2 koppies) melk
250 ml (1 koppie) vars lemoensap
skil van 1 lemoen
suiker vir oorsprinkel
Voorverhit die oond tot 190 °C. Smeer twee tertpanne van 20 cm elk.
Verroom die botter en suiker tot lig en romerig. Klits die eiergele een vir een by.
Voeg die meel en sout by en meng goed.
Voeg die melk, lemoensap en lemoenskil by en meng goed.
Klits die eierwitte tot sagte punte vorm en vou dit by die mengsel in.
Giet die mengsel in die voorbereide tertpanne en bak 30 minute tot goudkleurig en gestol.
Strooi ’n bietjie suiker oor wanneer dit by die oond uitkom.
FOTO: Marie Rheeder Troskie
2 thoughts on “KORSLOSE LEMOEN-MELKTERT”
Leave a comment
You must be logged in to post a comment.







Elmarie Grobbelaar Kritzinger nie foto nie, maar is baie lekker .. nie soet nie .. die suiker bo-oor gestrooi gee net die regte soetigheid.. sal ‘n volgende keer ‘n foto neem en opsit…
Elmarie Grobbelaar Kritzinger Het dit probeer en is baie baie lekker… !