Hier is lekker idees vir braaibroodjies by braaivleis. Variasies vir braaibroodjies (Hotdog buns en hamburger buns)
1. Sit bietjie chutney op saam kaas tamatie en uie baie leka
2. Tamatie,Basil/Rocket Pesto en Mozerella Kaas!!!
3. Garlic en cottage cheese en potato bake gemeng, smeer dit op en braai
4. Lekker gesmeer met botter aan die binnekant, en dan begin ons met gerasperde Cheddar kaas, tamatie skyfies, sout en wit peper, uie ringe (moenie skaam wees nie! pak sommer lekker dik!) en op die teenoorgestelde snytjie: Wimpy se mosterd en chutney gemeng…. smeer mildelik – maak toe en braai!
5. Jy kook so 8 eiers rasper dit en n blok kaas meng saam met mayonnaise en sout en pepper na smaak dan sny jy die bo kan van die bun af en hol dit uit dan sit jy aspersies onder en dan die eier en kaas bo op sit in oond tot kaas smelt dit is heerlik saam braai vleis
6. Maak so mushroom broodtjie…vat mushroom.uie,bacon braai dit saam meng ‘n botteltjie room met n pakkie hoendersop en gooi dit in,dit word vinnig en lekker dik meng dan net melk by om hom dit die regte dikte tekry,vat dan n hotdog bun en sit mengsel daar in en gooi lekker baie kaas oor! En sit in oond tot kaas gesmelt het.
7. Uie en appelkooskonfyt ek weet klink snaaks maar heerlik probeer gerus.
8. Franco Dippenaar
Bestandele. Brood. Cheddar kaas gerasper. Brie kaas in lang dun repe gesny,so 3 per broodjie. Een houer uie marmelade. Vars uie in ringe gesny. Smeer marmelade op die brood. Nie te dik nie. Plaas cheddar en brie bo op en dan uie ringe. Smeer botter aan buitekant van brood en braai stadig oor kole tot kaas gesmelt het en goud bruin.







