Voer ‘n 20cm koekpan uit met kleefplastiek en spuit met kossproei. Kook 3 koppies jasmynrys volgens aanwysings op pak; moenie afspoel nie. Roer in 30ml sushi asyn en laat afkoel.
Sprinkel geroosterde sesamesaad onder in koekpan. Druk een-derde van die rys styf vas onder in pan. Knip ‘n vel nori soos die pan en pak op die rys.
Pak dun avo skyfies op die nori gevolg deur 100g gerookte salmon/forel en komkommerlinte. Herhaal die lae en eindig met ‘n laag nori. Bedek met plastiek en plaas ‘n paar blikkies bo-op om koek plat te druk. Verkoel oornag en keer uit op opdienbord. Garneer na smaak.
Eie resep en foto van Helene Kluge