

FETA KAASSMEER
300 g fetakaas
2 knoffelhuisies
2 ml rooipeper
15 ml olyfolie
300 ml dik gewone jogurt
5 ml paprika
sout en swartpeper
Verwerk jogurt en kaas tot glad.
Voeg res van bestanddele by en drup olyfolie by.
Verkoel.
Maak 500 ml smeer.
Resep: Petro Calitz
Foto en nota: Ilze Jacobs
My feta kaas was sag soos Danish feta (dis hoe alle feta is in NZ!) maar ek is seker gewone feta sal heeltemal goed werk – veral as jy dit in die voedeselverwerker maak (soos ek). Ek het ook die olyfolie op die einde ingegegooi en weer gemeng vir ‘n paar sekondes.







geskuif