

ELIZE SE CHAKALAKA BROODJIE
Hi daar, resep wat ek in die skool geleer het.
Jy kan jou eie brooddeeg maak, maar as jy lui is soos ek, koop sommer by picknpay en chakalaka van jou keuse.
Rol deeg uit en sny in vierkante so 4cmby4cm.
Dip die deeg vierkante in chakalaka sous en pak bo op mekaar in ‘n kolwyntjie pan. Jy kan garlic en kaas ook tussen die lagies pak, maar nie bo op want dit bak te hard.
Bak teen 180ºC vir so 35 tot 40mins. Effens gesonder as die olie weergawe en bietjie minder moeite.
Resep en foto: Elize Strydom






