DADELSOUS VIR ONTBYTPAP
250 g dadels (gekerf)
6 koppies water
2 eetlepels mielieblom
½ koppie heuning
1 blik klappermelk (400 ml)
Kerf dadels fyn en kook dit in water tot sag.
Meng mielieblom (maizena) met bietjie koue water en voeg by dadels.
Laat dit net deurkook en haal van hitte af.
Roer die heuning in terwyl dit warm is.
Voeg die klappermelk by en roer goed. Laat afkoel en hou in yskas. Gebruik op ontbyt pap en strooi sade, neute of rosyne van jou keuse oor.
Resep en foto: Meisie Hattingh