In ‘n ander bak, meng saam:
¼ koppie “cornmeal” (ek het braaipap gebruik, polenta kan ook werk)
½ koppie koekmeel
knippie sout
knippie bakpoeier
Meng goed.
Ryg worsies op ‘n sosatiestokkie.
Meng nat en droë bestanddele saam tot ‘n deeg wat nie te loperig is nie. Doop worsies daarin.
Laat bedeegde worsies braai in diep, warm kookolie.
Dreineer op servette.
Resep: Hanta Henning
Celeste Glöss
Ek het ook die naweek gemaak en gewone mieliemeel gebruik goed gewerk.
Johan Du Preez Snr
Hanta Henning Jy moet daai corndogs vir hulle maak met Sosaties. Maak eers die sosaties gaar. Jy moet dit net baie in meel rol as dit gaar is en sit dit dan in die yskas vir so ‘n paar uur anders bind die deeg nie. My kleinkinders is laf daarvoor. As ek met my idees begin jaag my vrou my uit die kombuis uit. Sy se die honde sit in ‘n ry en wag vir my FLOPS. Meeste is derem ‘n sukses
Alta Lubbe
Ek voeg gewoonlik net bietjie suiker ook by (op hierdie hoeveelhede +-3 eetlepels). Maak dit ‘n baie lekker en interesante smaak!!!! Ek het dit so 2 jaar gelede by ons jaarlikse karnaval gemaak en kon nie voor bly nie. Ons het dit mieliebrakke genoem hier in die volkstaat.
Johan Du Preez Snr
Ek sit suiker en mosterd by. Dit is weer heel anders








