BORRIE EN BILTONG JOGURT BROODJIE
500 ml Eureka Stone Mill koekmeel
20 ml bakpoeier
¼ koppie fyn organic bruin suiker (fyngemaak in die coffee grinder)
3 eiers
150 ml griekse jogurt
125 ml klapper olie
½ koppie fyn biltong
1 eetlepel borrie
1 teelepel smoked paprika
2 eetlepel gemengde kruie
1 teelepel fyn knoffel (vlokkies fyngemaak in coffee grinder)
1 goeie skoot sout, hang af hoe sout jou biltong is.
Voorverhit oond 180°C.
Meng droë bestanddele goed deur. Klits jogurt, eier en olie saam. Voeg by droë bestanddele en meng deur.
Skep in ‘n goed gesmeerde/gevoerde klein broodpan en bak 50 – 60 min tot gaar.
Heerlik saam met gewone maaskaas.
Ek is seker gewone meel, suiker hoeveelheid aangepas en gewone olie sal ook werk soos in die oorspronklike resep.
Resep aangepas uit die oorspronklike Jogurt Broodjie resep op Foodlovers se blog.
Resep en foto: Lindi Erasmus








