BRAAI MENGSEL
50 ml koljander korrels
25 ml komyn saad
10 ml kardemomsaad (ek neem aan dit is die swart saadjies wat jy reeds uit die doppe gehaal het)
2 ml swart peperkorrels
2 ml knoffel vlokkies
1 klein droë brandrissie
7 ml borrie poeier
5 ml gemaalde gemmer
Skroei die koljander, komyn, kardemom en peper oor matige hitte in swaarboom braaipan. Dit brand maklik, pasop. Laat afkoel. Voeg die knoffel by die mengsel en werk met versapper of ‘n speserymeul tot ‘n taamlik fyn poeier. Sif die mengsel en gooi die doppies weg. Ontpit die brandrissie en kap fyn op. Voeg saam met die borrie en gemmer by die mengsel en vermeng. Bewaar in lugdigte houer in yskas.
Jy kan van die mengsel ook met natuurlike yoghurt meng en oor vleis smeer om te marineer.
PLUIMVEE KRUIE MENGSEL
60 ml elk van die volgende gedroogde kruie : Salie, uie vlokkies, swart peper, sesamsaad, tiemie, marjolein,
25 ml elk gedroogde roosmaryn, knoffelsout
SOUTLOSEMENGSEL VIR BRAAIVLEIS
30 ml elk – gedroogde pietersielie, gedroogde uie vlokkies, gemaalde swart peper
15 ml elk – gedroogde kruisement, gedroogde tiemie, gedroogde dragon
5 ml paprika
ROOIVLEIS KRUIE MENGSEL
75 ml gedroogde tiemie
50 ml gedroogde uie vlokkies
50 ml gemaalde komyn
150 ml gemaalde swart peper
7 ml gemaalde kruienaeltjies
7 ml knoffelsout
3 fyngemaakte lourierblare
SOUSPOEIER MENGSEL
250 g Bisto souspoeier
500 g bruismeel
1 pakkie (82 g) elk :-
– sampioensop poeier
– tamatiesop poeier
– Bruin uiesop poeier
– beesstert sop poeier
Meng alles saam, bewaar in lugdigte houer in yskas. Gebruik vir souspoeier of om bredies te verdik. Kan 8 maande in yskas bewaar word.







