

MEISIE SE APPELTERT
1 groot blik appels gedreineer
1/2 koppie rosyne in 1 koppie water opgekook vir 5 min dreineer die rosyne
1/4 koppie kaneel suiker
Versprei appels in gesmeerde oond pan
Gooi rosyne eweredig oor appels
Stooi 1/4 koppie klapper oor
Strooi kaneelsuiker oor
Deeg:
2 koppies selfraising flour
1 teelepel sout
1/2 koppie olie
2 eiers
1/4 koppie suiker
Ongeveer 1 tot 1 en 1/2 koppies water
Deeg moet omtrent soos plaatkoekie (flapjacks) wees.
Gooi deeg egalig oor appels
Bak by 180º C vir 25 min
Heerlik net so, met vla of roomys.
Ek het dit spesiaal in my kleindogter se stelletjie gesit, want ek het haar belowe die eerste poeding wat ek opsit sal hare wees.
BRON- Meisie Hattingh






