

WORS EN HOENDERPASTEI
3 of 4 hoender filette in blokkies gesny
500 g wors vel af en in stukkies gemaak
1 ui opgesny
Braai uie eers bietjie
Voeg hoender en wors by.
Braai tot gaar.
Bietjie hoenderspeserye, paprika, peper, gekapte pietersielie ( of die flokkies.)
Sout na smaak
Deeg: Klits die volgende saam
2 eiers
½ koppie melk
75 ml olie
Sif die volgende saam:
200 ml meel by.(Ek het bruin meel gebruik maar jy kan koekmeel ook gebruik.)
10 ml bakpoeier
¼ teelepel sout
Sif saam en roer by.
Skep die slapdeeg in gesmeerde bak.
Skep vulsel bo op.
Bak tot bruin. (180 ºC vir 2 ure ongeveer)
Resep en foto: Alta Theart






