My man eet vanaand Kaapse kaviaar.
Was en druk droog met handdoekpapier. Meng sout en witpeper met ‘n bietjie meel en dip die kuite daarin. Maak pan lekker warm met vlak olie. Braai die kuite op medium hoë hitte tot bruin en crispy. As dit wit regdeur is is dit gaar. Dis effens pienk as dit rou is binne-in. Moenie te lank braai nie. Bedien met slaai en suurlemoenskyfies, sout en witpeper.
Louise Groenewald
Martie Fourie Moolman
Die eiers van die vis. dit is sulke sakkies met ‘n membraan om waarin die eiers is,Heerlik, doop dit in meel dan eier en dan krummels. Bak en geniet dit met suurlemoen en dik sny gebotterde brood!








