

MAKLIKE MANIER OM KOEJAWELS TE BOTTEL
Die maklikste manier om koejawels in te le…….
Skil af. Sny in skywe en pak in lae in ‘n bak met deksel. Strooi suiker tussen elke laag. Nie te min nie, ook nie te veel, want dan is dit te soet.
Plaas deksel op.
Vries dit vir ‘n week of twee.
Wanneer jy dit uithaal laat dit self ontvries.
Proe presies soos die ingelegde koejawels wat jy in die winkel koop.
Probeer gerus. Baie lekker !!
Resep: Comine Visser






