Die vis (sole) is in meel met fish spice in gerol, toe in pan gebraai met kleinbietjie olie en botter. Die geheim is eintlik die sousie wat bo oor is –
Rooster amandels in pan – pasop, dit brand maklik. Hou eenkant.
Vir elke porsie vis, kook 1/4 kop witwyn tot met minstens 1/2 verminder het, gooi in aparte bakkie. Smelt 1/4 kop rerige botter en los dit op hitte tot dit lig bruin verkleur (NIE brand). Gooi nou die botter, sout en peper na smaak en gekapte pietersielie/dill en die wyn bymekaar en hou warm. Indien nodig, gooi bietjie suurlemoensap by. Gooi oor vis sodra gaar, strooi amandels oor en bedien.
Petro Borchard