Hierdie is vir die lid wat Vrydag nie geweet het wat om met haar koolkoppe te maak wat sy persent gekry het nie. Hierdie resep gebruik ek vir kerrie kool, -uie en boontjies.
1 Middelslag kool, opgesny in repe of blokkies
2 middelslag uie, opgekap
5 ml sout
500 ml asyn
350 ml suiker
10 ml matige kerriepoeier
5 ml borrie
30 ml mielieblom
Kook die kool en uie en sout in klein bietjie water tot net sag. Dreineer baie goed.
Kook die res van die bestanddele – uitgesluit die mielieblom – saam vir 2 minute. Meng die mielieblom met bietjie water tot ‘n pasta, roer by en prut tot mengsel verdik. Voeg alles bymekaar, bring weer tot kookpunt en skep in warm gesteriliseerde bottels. Verseel dadelik. Laat dit verkieslik 3 weke staan voor gebruik.
Petro Borchard – Resep uit Bottel en Bere








