Hierdie is my gunsteling. As jy ook nie bief stock het nie, gooi klein bietjie Marmite of Bovril in water opgelos in.
8 sprietuie – sny in skuins repies – hou groen gedeelte vir laaste
2 knoffel huisies, gekap
Stir fry uie en knoffel tot sag.
Voeg fillet repies by en braai liggies.
Meng die volgende bestanddele:
85 g peanut botter, ek verkies die crunchy een
2 teelepels suurlemoensap
180 ml bief stock
soja sous na smaak
60 ml soet chilli sous, of meer na smaak
Voeg by vleismengsel, prut vir paar minute tot vleis gaar is en die smake met mekaar maatjies gemaak het.
Strooi groen gedeelte van spriet uie oor vir dekorasie.
Ek maak altyd baie meer sous en vries dit.
Resep: Petro Borchard








