1 Bos spinasie, was en snipper
300 ml Gerasperde Kaas
125 ml Melk
4 Eiers
1 Aartappel gerasper
Sout en peper na smaak.
Smeer oondbak met olie. Klits melk en eiers saam. Meng meng spinasie, aartappel en kaas. Hou bietjie kaas oor om bo-oor te strooi. Bak so +/- 30 min. @ 190 c tot gestol.
Foto en resep: Cornelia Myburgh
Ek sal dalk volgende keer die aartappel eers apart bietjie gaar maak. Dit vat soveel langer as die res. Lekker dis. Met n klompie gaar spek of worsies in sal dit n hele ete wees.