LEKKERSTE PAMPOENTERT
4 koppies gekookte pampoen
1 koppie bruismeel
1 koppie suiker
1 koppie melk
1/2 koppie olie
1 teel sout
2 eiers
2 teel bakpoeier
Meng bogenoemde bestanddele goed en skep in gesmeerde oondbak.
Bak teen 180 grade C tot gaar. Maak volgende sous op stoof en gooi oor warm
pampoentert wanneer uit oond kom.
Sous
1 koppie suiker
½ koppie water
½ koppie melk
4 teel botter
2 teel maizena
knypie sout
Kook saam tot ‘n dikkerige sous vorm. Gooi dan oor warm tert.
Geniet dit hoor. Smaak nes ‘n malva-poeding.
Foto en resep: Cornelia Myburgh








