Dit is heerlik verby, eet dit sommer sonder koffie
500gr Margarine
2-3 Koppies Suiker
250ml Room
1 Blik Ideal Melk
`n Hand vol gekapte neute
1 kg Bruismeel
1/2 telepel Sout
2 Koppies All Bran
1/2 Koppie Sonneblomsaad
Smelt botter en voeg suiker by. Voeg room en Ideal melk by. Maak All Bran effe fyn en roer dan alles bymekaar.
Plaas in pan of panne.
Bak 180* vir 15 min dan 160* vir 30 minute.
Droog by 90*
Resep: Louisa Prenzler
Foto: Maryke Nel McCaig









Die beskuit is om van te sondig. Het al begin eet toe dit nog net deeg was, en voor dit uit gedroog is, was my ou man reeds aan knibel (skies as ek verkeerd spel ) Probeer dit gerus is jy dink jy is “sterk” genoeg om op te hou na die 4de…..5de, skies 6de een…………….!!!! 🙂