
BESKUITKRUMMEL IDEES
Anna Van Vuuren
Klits eiers melk en suiker by en bietjie vanilla en bak n lekker poeding en bedien met vla.. Lekker in die koue weer!!!
Rina Kleinhans
Ek het dit al fyn gerol en gebruik om om my gekrummelde vis en hoender te sit, en ek het ook al ‘n koppie vol van dit by my volgende beskuit mengsel ingemeng met groot sukses. maar mens kan ook broodpoeding bak daarmee
Beulah Visser
Party baksters verkoop dit per kg. My man het dit oor sy krummelpap gëet!!! veral die gesondheidsbeskuitkrummels.
Ria Grobler Mc Carthy
As jy dit fynrol kan jy dit ook oor jou macaroni maalvleis gereg gooi voor jy die gerasperde kaas oorgooi dit bak heerlik bo op in die oond gee die macaroni n lekker crispy bolaag
Daleen Stephens
Ek kry nie kans om dit op te gaar nie – my seuntjies annekseer dit so om die beurt en eet dit saam met melk!
Louise Groenewald
Google ‘n bietjie die Griekse tert Revani. Dit is verskriklik lekker en jy kan beskuitkrummels gebruik om dit mee te maak.
Petro van Rensburg
Gebruik saam met botter vir korse van yskasterte
Michelle Wolmarans
Ek gooi myne by my muesli in xxx
Linda Herzog
Ek gebruik myne ook saam met mueslie, my seuntjie eet dit met melk of gooi dit in sy koffie en eet met lepel. ‘N maaltyd op sy eie…
Hannalie Kitshoff
Maak fyn in voedselverwerker en gebruik in volgende baksel, stoor in vrieskas.
Nina Niemann
vAt 1 houertjie room en roer 125ml suiker by met 5ml karamel geursel. gooi oor krummels en bak by 180 grade vir so 40min tot goudbruin ….eet saam roomys
Adele Gerber
Gooi melk of warm tee oor en eet vir ontbyt dis heeerlik
Betsie Ferreira
Ek gebruik dit vir korse vir yskasterte of gooi dit buite v di voels
Maryke Nel McCaig
Dit maak die heerlikste “brood” poeding Cyntia……..
Martie Nel Ek maak sherrie trifle daarmee.
Betsie Ferreira
Of melktert kors
Annerie Mac Donald
Ek gooi dit by musli met ekstra droe vrugte. Maak ook lekker tert kors
Riana Heyns
Gooi in frikkadelle of visdis met krummels, verdik sop daarmee, bind hoendervulsel vir pastei. Ek bêre myne in tupper houer en het altyd krummels.






