

RINIE SE SKAAPNEK KERRIE
My aandkossies was Rinie se skaapnek kerrie met vrugte
1 tamatie geskil
1 appel geskil
310 g fyn pynappel
6 gesnipperde droe perskes halwes vooraf geweek
6 aartappels
½ koppie suiker
½ koppie sultanas
1 eetlepel borrie
1 eetlepel kerrie
½ pakkie oxtail soppoeier
Braai die vleis en uie, voeg aartappels by en kook tot sag met ‘n bietjie water, voeg dan pynappel, tamatie, appel, sultanas, by en kook vir +- nog ‘n uur
Meng kerrie, borrie, suiker, sop en ‘n bietjie water en voeg by laat prut vir +- 15 min.
Dien op saam rys en piesang of iets na jou smaak !
Resep en foto: Gideon Louw







Geskuif