PRAWN KERRIE MET KLAPPERMELK
Vir aandete het ek prawn kerrie met klappermelk bedien op wit basmati rys. Koesterkos vir hierdie koue weer!
Dit was net blokkies eiervrug, wortel en ui gebraai in bietjie olyf olie en dan vars knoffel, vars gerasperde gemmer, borrie en kerrie poeier na smaak bygesit en gebraai,
1/3 blikkie gekapte tamaties en 1 blikkie klappermelk bygegooi en rukkie laat kook
toe 2 k prawns bygegooi (klaar skoon gemaak) en liggies laat prut totdat die prawns warm en gaar is.
So vinnig en maklik!
BRON- Elsabie Templeton








