My en manlief se variasie op Spur se Nacho’s. Hierdie resep is vir twee tot vier mense. Ons maak dit vir ons twee, en kan die volgende dag nog ‘n bordjie of twee maak (afhangende of ons nie als verorber nie )
1 Groot pak Kaasgeur Doritos
2 koppies gerasperde kaas
2 Tamaties in blokkies gesny
1 uie fyngekerf
1 Avokado fyngemaak en met bietjie sout en peper gegeur
Vir die maalvleis:
500g maalvleis
1 410g blik Tamatie en uie of 1 gekerfde uit en twee tamaties gekerf
1 Eetlepel knoffel
10ml Worctersous
Robertson Peri peri speserye na smaak (hoe warm hy moet wees)
Sout en peper na smaak
Braai die uie en tamatie/blik tamatie en uie saam met die knoffel in bietjie olie. Voeg maalvleis en geurmiddels by na smaak en kook tot gaar. Sit eenkant.
Sit die oond op 180 grade.
Bou nou jou borde. Doritos chips, maalvleis, met kaas bo oor. Sit dit in die oond tot al die kaas ingesmelt het. Voor opdiening, sit avocado mildelik op asook blokkies vars tamatie en uie. Die uie kan uitgelaat word, ons het al albei maniere geeet en of daar nou uie ook bo-op is of nie, dis verskriklik lekker!!!!!
Dewet En Tania Botha








