BROCCOLI SOP
Ek het n vriendin in Kanada en sy maak altyd hierdie vinnige sop, en as mens nie van Broccoli hou nie, sal jy definitief die een eet! En dis ‘n vinnige en lekker voorgereg in die winter!
1 Liter melk
1 pakkie wit uiesop
1 medium ui fyngekap en gebraai
1 kop Broccoli sag gekook in soutwater
Kook melk en uiesop tot dik, gooi gaar broccoli en uie by en liquidize dit alles saam. Jy kan ‘n titseltjie room ook by gooi .
Nota: Rina Kleinhans.. meng bietjie blomkool by dit is heerlik
Resep: Daleen Benade








